Koffie is een van daardie dinge waarvan jy hou of jy vermy dit om verskeie redes.

‘n Algemen rede hoekom koffie vermy word is omdat dit nie goed is vir jou gesondheid nie.

Wel hier is ‘n paar redes wat jy dalk nie van koffie geweet het wat jou dalk net kan oortuig dat koffie is net die regte drankie vir jou:

  • Koffie help om jou energie vlakke te verhoog en maak jou slimmer – Daardie moë gevoel verdwyn gou as gevolg van die stimulant wat kaffien genoem word. Brein funksies soos, geheue, gemoedstoestand en kognitiewe vaardighede verbeter.
  • Koffie help om ongewenste vette te verbrand. Kaffiene is een van die min natuurlike stowwe wat in kommersiele gewigsverlies middels. Kaffiene verhoog jou metabolisme met 3 tot 11%.
  • Studies het ook bevind dat atlete wat 340 mg koffie voor oefening drink tot ongeveer 15% meer kaloriee verbrand tot 3 ure na oefening. Indien jy nie oefen nie gaan koffie jou metabolisme met 10 tot 20% verbeter vir die wat 1 tot 2 koppies koffie per dag drink.
  • Een koppie koffie ‘n dag kan die bloedsomloop in haarvate met tot 30% verhoog. Die verhoging in bloedsomloop veroorsaak ook meer suurstof in die bloed wat goed is vir jou organe wat ook lei tot verhoogde fisiese aktiwiteite.
  • Koffie kan die risiko vir tipes 2 diabetes verlaag. Die groot koffiedrinkers se risiko word met soveel as 67% verlaag. Verskeie studies het ook bevind dat die risiko om Alzheimer’s en Parkinson’s siektes te kry met 30 tot 60%  verlaag word.
  • Koffie bevat ook noodsaaklike nutriënte, soos Riboflavien (Vitamien B2) 11% van ADT (Aanbevole Daaglikse Toediening), Pantoteensuur (Vitamien B5) 6% van ADT, Magnesium & Potassium 3% van ADT, Magnesium & Niacin (Vitamien B3) 2% van ADT.
  • Koffie is ook een van die grootste bronne van antioksidante in die Westerse dieet. Studies het getoon dat mense meer antioksidante deur koffie inname kry as met vrugte en groente tesame.

Wel soos meest dinge in die lewe moet ‘n mens koffie verantwoordelik drink en kunsmatige versoeters en melkpoeiers vermy. Selfs geen melk en suiker is nog beter.

Die slotsom is dat koffie een van die gesondste drankies op aarde is. En as jy volgende keer ‘n Clock Peaks Koffie drink is dit net soveel beter!